Herstel met liefde

Herstel met liefde “Die Mercedes Benz gaan in die modder vassit,” dink ek by myself. Dit is een van daardie met die ronde bakwerk van die laat sewentigs, begin tagtigs. Pastoor Moses se vrou, Lorettaken die nat paaie tussen die wingerde. Sy reik al jare uit na die mense op die plase. Hierdie Woensdagaand is my eerstekennismaking met die plaas werkers op Ongegund. Cyril is nog op laerskool en kom van hierdie plaas. Hy word baie betrokke by die Jeug en word saam met van die anderjongmense van die plaas gedoop by Boland gemeente. Later van tyd word hy dan ook ‘n lidmaat van die gemeente. Dit is 1995, daar is groot verwagting en baie onsekerheid in die lug. Wanneer dit by jongmense kom is daar baie uitdagings enveral op die plaas waar hulle dit nie altyd breed het nie. Om dit reguit te stel, dit gaan maar rof onder die mense op die plaas en hulle het dit nie altyd so maklik nie. Daar is maar altyd of in meeste gevalle “‘n kinkel in die kabel”. Cyril neem verkeerde besluite en die gevolg is dat hy die gemeenteverlaat. Tog besoek hy nou en dan die gemeente en so behouhy kontak met Boland gemeente. Een middag in November 2017 lui my selfoon, Cyril wil my dringend sien. Met trane in sy oë vra hy hoe maak ‘n mensweer reg met God, want hy kan nie aangaan met die lewe sooswat hy tans lewe nie. Na ‘n ses maande proeftydperk word Cyril se lidmaatskap op Sondag, 5 Augustus 2018 herstel. By sy opname as lid, bedank hy vir die mense wat hom vrooërgeken het in die gemeente, dat hulle hom met soveel liefdeterug verwelkom het. Cyril is verloof en trou binnnekort. Hy is aktief betrokke by die samelewing van die gemeente en bestuur een van die kerkbussies. God se genade en seën is sigbaar in sy lewe. Alle eeraan ons Hemelse Vader. Johan Hildebrandt

Beanie Chiled

Beanie Child In the summer, it is like an oven, in the winter just like a freezer.  It is here, between the corrugated iron huts, that I saw the child with the beanie, for the first time.  Every time the red Toyota (Church vehicle) stopped and later the church combi, the child with the beanie … [Read more…]

BOLAND SE TROMPIE

Die stem aan die anderkant van die telefoon huil:  “Dominee,  Cliffie is in die hospitaal by ongevalle!” Dink aan Trompie van die “Boksombende” en jy sal weet watter  soort seun Cliffie was. Vol van energie, besig en by die jeug altyd die planmaker en middelpunt van die groep.  Hy het by sy ma Noleen gebly … [Read more…]

Glimlagkind

18 September 2018 TUSSEN DIE SINKPLATE – Teresa Jawa In die Somer is dit soos ‘n oond en in die Winter soos ‘n yskas.  Dit is hier tussen die sinkhokkies waar ek die kind met die mussie vir die eerste keer gesien het.  Wanneer die rooi Toyota (gemeentemotor) stop en later die Kerk se kombi … [Read more…]

H2O

H2OUp to 60% of the human adult body is water. The brain and heart is composed of 73% water and the lungs 83% water. We are walking water reservoir. Water is crucial for mankind. Man can only survive three days without water.Navy Seal, Marcur Luttrell of “Lone Surviver” in an interview, stated after a days … [Read more…]

THEY ARE ALL THE SAME

They prowl the streets day and night.  We do not see them, to be honest we don’t want to see them.  They are a bother, what will people say when they see me speak to one of them. Everyone of them have a story to tell you, who cares, what the bother.  Their story always … [Read more…]